JOHANN

Sy probeer weghardloop, maar die kind hang aan haar been vas. Sy probeer hom afskud, maar hy hou nog aan. Sy besluit om net normaal te stap, maar toe sy die een been voorsit vang sy die baba op sy ken. Sy kop wip terug en bloed spoel uit sy mond uit en form 'n poel op die vloer. Sy buk om hom in haar arms op te tel : hy bloei steeds. Sy huil oor sy slap liggaam.

Die ma kyk by die deur in. Haar dogter draai om en om in haar bed. Sy droom seker weer, dink die ma. Dis seker 'n nagmerrie. Snaaks, want Liezl het lank laas nagmerrie gehad. Waarskynlik lanklaas gedroom ook. Die ma is nie seker of sy bly is of nie oor die nie-dromery nie. Liezl se drome het al baie probleme veroorsaak. Liezl het nou ophou draai. Die ma maak die deur stilletjies toe en stap af in die gang.

Die baba is nog nie wakker nie. Die bloeiery het gestop, maar sy toe oe bekommer haar. Hy is mos haar kind. Sy moes vir hom gesorg het. Sy weeg die kind in haar arms. Hy raak nou wakker. Sy kyk vir sy gesig. Hy lyk nie soos haar nie. Hy het sy pa se oe - sy is seker hiervan. Maar wie is sy pa? Het hy 'n pa? Skielik verdwyn die kind uit haar arms. Sy sien hoe hy val, maar sy kan hom nie vang nie. Hy val en val en val en val……………..

Sy skrik wakker en kyk rond die donker kamer. Sy skakel die lig aan, maar dit help nie. Die droom …… die nagmerrie …… is nog helder agter haar oe. Dit flits daar soos 'n film wat uit net een gebeur bestaan. Hy val en val en val……… Wie se baba? Haar eie klein baba. Haar kind wat nie bestaan nie.

Die ma hoor nie as haar dogter wakker word nie. Sy le op haar bed, diep in gedagte. Soveel het in die laaste paar maande gebeur. Liezl het, drie maande terug, op die ouderdom van sestien, skielik swanger geraak. Waarskynlik weet sy ook nie hoe dit gebeur het nie. Haar psigiater, Dokter Swart, dink sy was miskien verkrag of iets van die aard, en dat haar onderbewussyn haar laat vergeet het, om haar te beskerm. "Dis 'n gereelde veroorsaak van sulke trauma," het hy gese. Haar aaklige nagmerries het aangedui dat iets vout was. "Dis die onderbewussyn wat boodskappe stuur." Weer dr. Swart. En toe is dit besluit dat 'n aborsie die beste pad sal wees. 'n Paar minute, alles oor. Die nagmerries het opgehou en hulle lewens moes aangegaan het.

Haar maag pyn. Dis Sondagoggend en sy sit op haar bed in haar kamer. Sy kyk rond - die bloue beddegoed, bloue gordyne, die lessenaar en boekrak wat teen die muur staan, koester almal in die son. Haar Biologie-boeke le op die lessenaar, maar sy het nie eers een woord geskryf nie, en die projek moet Dinsdag in wees. Haar maag pyn. Sy staan op en gaan soek haar ma.

"Ma!"

"Ja, liefie. Ek's hier in die kombuis," kom die antwoord van die anderkant van die huis. Sy stap in die kombuis in. Haar ma sit by die kombuistafel, met 'n lee bord en 'n halfvol koppie koffie voor haar.

"More, Ma. Goed geslaap?"

"Ja, dankie. Jy was maar onrustig, ne?"

"Ja, ek het gedroom."

"Nagmerrie?"

"Ja, so bietjie. Ma, my maag pyn iets verskriklik."

Die woord "BABA" spring in die ma se kop in en hang daar, groot en flitsend.

"Jou maag?"

"Ja, nee. Miskien bietjie onder en agter my maag."

"O" 'n Lang pouse. "Miskien moet ons jou dokter toe vat?" Sy sien die vrees in haar kind se oe raak en wonder of dit ook so duidelik in haar eie gesig verskyn.

Hulle sit langs mekaar in die dokter se spreekkamer. Die kamer lyk altyd so verskriklik profesioneel, net soos dr. Marais. Altyd so netjies en respektabel. Dis op die dokter dat hulle aandag gekonsentreer is. Hy lees die toetsresultate wat voor hom op die lessenaar le. Hy kyk op en begin praat.

"Ek is verskriklik jammer," begin hy, "maar die aborsie het waarskynlik nie gewerk nie. Ons weet nie hoekom nie, maar jy is nog swanger, en jy sal jou baba in Oktober-maand he. Dis nou te laat om die aborsie weer te probeer. Die enigste ding dat ek voor kan stel is dat jy met 'n psigiater praat. Hy sal al die nodige informasie he as jy wil he dat die aangeneem moet word."

Hulle ry huis toe sonder om 'n woord te se. Toe hulle by die huis aankom gaan le Liezl op haar bed. Die ma sit in die kombuis en staar onbegrypend vir die teepot vir tien minute voordat sy die ketel aanskakel.

Sy moet nou seker die baba he, dink sy. Miskien was die aborsie die verkeerde keuse - daar is mos altyd rede in God se werkings. Hy het seker 'n plan vir die kind. En sy troos haarself hiermee.

***

Ses maande later

Die telefoon lui. Die ma tel dit op. "Hallo?"

"Hallo, Janet. Erik hier. Hoe vaar ons dogter?"

"Baie goed, onder die omstandighede," antwoord die ma, so behoedsaam soos sy altyd met haar eks-man is.

"Wanneer behoort die baba gebore te wees?"

"'n Week vandag."

"O. Julle sal my bel? Dit sal maar my kind…ag my kleinkind ook wees."

"Ja Erik. Ons sal maar bel."

"Dankie. Cheers, Janet."

"Totsiens, Erik."

Die ma sit die telefoon terug en sug. Sy en haar man in is nou reeds vyf jaar geskei. Liezl se pa woon nou in Johannesburg, maar hulle het in Kaapstad gebly. Sy gaan die trappe op en sien nie as haar dogter skelms wegglip van waar sy afgeluister het.

***

"Stoot!"

Liezl stoot, maar dis baie seer. Die suster kom met 'n pil en sy sluk dit tussen sametrekkings. Dit werk vinning en sy voel reeds nie soveel pyn nie. Sy raak amper slaperig en sy is baie moeg. Toe se die dokter : "Net so een meer, mejuffroutjie - toe sal alles alraait wees."

Sy stoot een keer meer en toe sak sy terug op die bed. Sy hoor haar baba huil. Sy maak haar oe oop toe die suster die klein bondel in haar arms insit.

"Sy naam is Johann," fluister sy.

"Kyk," se haar ouma, wat skielik langs haar staan. "Hy het jou pa se oe."